Vaughn se volgraan ontbyt muffins
- Danè Swart
- May 19, 2020
- 1 min read
Lewer 12 muffins
Bestandele:
1 +1/4 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
Knippie sout
1/2 koppie suiker
2 koppies volgraan ontbyt vlokkies (All Bran Flakes)
3/4 koppies melk
1/4 koppie pitlose rosyne
1/2 koppie olie
1 groot eier
Metode:
Voorverhit oond tot 190C
Week volgraan vlokkies vir 2-3 minute in melk tot sag.
Sif meel, bakpoeier, sout en suiker saam.
Voeg rosyne, eier, olie en volgraan vlokkie en melk mengsel by meelmengsel en roer goed.
Skep in 'n gesmeerde muffin pan en bak vir 20 min tot goudbruin en deur gaar.
Bedien warm met botter en konfyt.

Comments