top of page

Gordy se gesonde roomys/ gevriesde joghurt

  • Writer: Danè Swart
    Danè Swart
  • Jan 24, 2021
  • 1 min read

Hierdie resep is bemeester op 'n Saterdagaand met basiese bestandele wat in die huis was. Dis 'n gesonde alternatief op roomys of gevriesde joghurt.


Lewer 4 porsies


Bestandele:

1 koppie volroom griekse joghurt

1/2 koppie grondboontjiebotter

1/3 koppie gekapte amandel neute

2 ryp piesangs

2 eetlepels heuning


Sny piesangs in ringetjies. Voeg alle bestandele saam in voedselverwerker en verwerk tot glad en goed gemeng.


Gooi in 'n vrieskas vriendelike houer wat kan seel en vries vir 2 ure of oornag.




Comentarios


©2020 by Die Smulpaap Resepte.

bottom of page