Armmans Wortelkoek
- Danè Swart
- Jun 26, 2020
- 1 min read
Hierdie wortelkoek is 'n baie maklike, goedkoop alternatief op die tradisionele wortelkoek. Net 'n paar bestandele, 'n skamele 30 minute en ta-da! Jy het 'n heerlike wortelkoek.
Bestandele:
1 & 1/2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1/4 teelepel koeksoda
1& 1/4 teelepels fyn kaneel
2 medium eiers
2 & 1/2 koppies gerasperde wortels
1 koppie suiker
1/2 koppie pitlose rosyntjies
1/2 koppie olie
1 teelepel vanieulje geursel
Vir die versiersel:
100g gesmelte margarien of botter
3 eetlepels ongegeurde volroom yoghurt
3 eetlepels versiersuiker
1 eetlepel suurlemoensap
Metode vir koek:
Voorverhit oond tot 190C en smeer 'n 20cm koekpan.
Meng nou gerasperde wortels, rosyntjies,vanieulje geursel,olie en suiker saam in 'n groot mengbak.
Sif meel, bakpoeier, koeksoda en kaneel saam by wortelmengsel en vou in tot gemeng.
Giet in koekpan en bak in voorverhitte oond teen 190C vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat heeltemal afkoel voor jy dit uit die pan verwyder en versiersel oorsit.
Vir die versiersel:
Klits al die bestandele saam met 'n elektriese klitser tot goed gemeng en 'n gladde pasta gevorm is.
Comments