Col's Quiche
- Danè Swart
- Jun 26, 2020
- 1 min read
Hierdie is my skoonma se resep, en dis vreeslik lekker!
Bedien 6 Mense
Bestandele:
130ml bruismeel
350ml melk
2 groot eiers
1 koppie gerasperde cheddar kaas
1 ring feta kaas
1 groot ui
2 koppies gekapte sampioene
1/2 groenrissie
250g gekapte spek
Metode:
Braai uie, groenrissie, spek en sampioene in 'n pan met klein bietjie olyfolie tot gaar en sag.
Skep die uie mengsel in 'n gesmeerde oondvaste tertbak.
Klits eiers, meel en melk saam met voeg sout en peper na smaak by.
Giet eiermengsel oor uie mengsel en bak in 'n voorverhitte oond teen 180C vir 30 minute of tot eier gestol is en effens bruin is,

Comments