top of page

Tannie Hanna se Cremora Tert

  • Writer: Danè Swart
    Danè Swart
  • Apr 9, 2020
  • 1 min read

Updated: May 11, 2020

As ek terug dink aan my kinderdae kan ek eerlik sê dat daar min dinge so lekker was soos ‘n Saterdag na-middag op Caledon. Johan Stemmet wat vyftigrandjies uitdeel vir deelnemers op Noot vir Noot, Riaan Cruywagen op die sewe-uur nuus en ‘n lekker vet sny cremora tert, sommer vinnig aanmekaar geslaan in my tannie se kombuis. Hierdie resep is defnitief een om byderhand te hou.

Bedien 8 mense

Bestandele:

Kors:

1 pak (200g) Marie beskuitjies, fyngemaak

100-125ml Gesmelte botter

Vulsel Bestanddele:

1 pak (250g) Cremora melkpoeier

125 ml (1/2 k) Kookwater

1 blik (397g) Kondensmelk

125 ml (1/2 k) Suurlemoensap

Meng die beskuitjies en die gesmelte botter goed en druk in ‘n 23 cm-tertbord vas. Los die melkpoeier in die kookwater op en laat afkoel tot kamer tempratuur. Klits intussen die kondensmelk en suurlemoensap saam.

Voeg nou die opgeloste melkpoeier by en klits tot dik, romerig en wit.

Skep die vulsel in die voorbereide kors en sit in die yskas tot dit gestol is.


Comments


©2020 by Die Smulpaap Resepte.

bottom of page