Bruintjies (Brownies)
- Danè Swart
- May 31, 2020
- 1 min read
Een Woensdag middag het ek net hierdie lus gekry vir 'n lekker bruintjie. Een wat krakerig is, maar lekker sag in die middel. Fudgy brownies, soos die engelsman sal sê.
Hierdie is seker die meest fudgieste, chewiest, brownies wat jy ooit sal eet! En dis so maklik, selfs my 6 jarige susterskind kan dit aanmekaar slaan.
Die geheim van hierdie bruintjie se heerlike bros bokant en sagte middel lê alles in die warm botter. Dit moet borrel.

1/2 Koppie warm botter (Moet Borrel)
1 Eetlepel Olie
1 & 1/8 Koppie wit Suiker
2 Groot Eiers
2 teelepels vaneulje geursel
1/2 koppie meel
1/2 koppie kakao
1/4 teelepel sout
Voorverhit oond tot 180C en smeer 'n medium grootte oondvaste bak.
Klits warm botter, olie en suiker saam vir 1 minuut.
Voeg eiers en vanieulje geursel by en klits nog 1 minuut.
Sif meel, kakao en sout saam en vou in tot gemeng. Moenie die mengsel te veel meng nie, dit het 'n groot inpak op die tekstuur van die bruintjies.
Bak vir 20-25 minute in 'n voorverhitte oond teen 180C.
Bruintjies is gaar wanneer randte styf is en middel nog effens jellyrig. Laat afkoel tot kamer tempratuur, middel van brownies behoort te stol soos dit afkoel.
Sny in blokkies en bedien net so koud, of warm dit op en geniet met vanieulje roomys.
Comentários