Heerlike Hertzoggies
- Danè Swart
- May 16, 2020
- 1 min read
Krakerige klapper met die sagte appelkooskonfyt middel. Heerlik! Ek wou my hele lewe lank al hertzoggies maak, maar ek het altyd gedink die proses is baie intimederend. Toe besluit ek net, genoeg is genoeg! Hierdie resep is eintlik heel eenvoudig en vreeslik lekker.
As jy nie 'n Hertzoggie pan het nie, gebruik sommer 'n muffin-pan.
Bestandele:
Vir die deeg:
- 1 en 3/4 koppie Koekmeel
- 3 Eetlepels Suiker
- 2 Teelepels Bakpoeier
- 'n Knippie Sout
- 125 g botter/margarien
- 3 Eiergele
- 3 Eetlepels Koue Water
Vir die vulsel:
- 75 ml Gladde Appelkooskonfyt
- 3 Eierwitte
- 1 en 1/4 koppie suiker
- 2 koppies fyn klapper
Metode vir deeg:
Voorverhit oond tot 180 C en smeer hertzoggie-pan.
Sif meel, suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf margerien in met jou vingerpunte. Klop eiergeel en water saam en voeg by meel megsel. Meng tot 'n sagte deeg vorm. As deeg te droog is, voeg nog bietjie water by.
Rol deeg dun uit. Druk ronde sirkels uit met koekiedrukker en voer hertzoggie pan uit met deeg.
Metode vir vulsel:
Skep 'n teelepel konfyt in middel van elke deeg-pannetjie. Klits eierwitte tot punte vorm, voeg suiker by en klop verder. Vou klapper in by eiermengsel.
Skep vulsel bo-op deeg en en konfyt.
Bak vir 20-25 minute, laat afkoel in pannetjies vir 15 minute en verwyder dan na koelrak. Laat heeltemal afkoel voor bedien.

Comments