top of page

Romerige Spek en Sampioen Pasta

  • Writer: Danè Swart
    Danè Swart
  • Apr 2, 2020
  • 1 min read

Maak sowat 4-6 porsies

Hierdie is ‘n familie vriendelike resep.

Bestandele:

  1. 200 g spek in blokkies gesny

  2. 250g gesnyde wit sampioene

  3. 1 medium grootte ui

  4. 1 medium grootte groenrissie

  5. 1 koppie room

  6. 1 eetlepel gedroogde gemengde kruie

  7. 300g noedels

  8. 1 Eetlepel sonneblom of olyfolie

Vir die sous:

  1. 1 eetlepel meel

  2. 1 eetlepel botter

  3. 1 koppie melk

  4. sout en peper

Ekstra:

  1. 1 koppie Gerasperde Cheddar Kaas

Verhit vlak olie in ‘n braaipan met gemengde kruie.

Voeg nou uie, spek en groenrissie en sampioene by en braai ‘n paar minute tot spek gaar is.

Plaas deksel op pan en laat sampioene sag stoom. Voeg nou room by.

Kook op medium hitte tot room dik is. Indien room loperig bly kan ‘n teelepel meel bygevoeg word om sous te verdik.

Meng nou gaar gekookte noedels in by spek mengsel en laat prut vir so 5 minute.

Die sous:

Smelt botter en meel in mikrogolfoond en roer sodat ‘n dik pasta vorm. Voeg nou sout, peper en melk by en roer deeglik met ‘n vurk. Plaas terug in mikrogolf vir ‘n verdere 2 minute. Roer die sous met ‘n vurk en mikrogolf verder vir ‘n minuut tot dit dik is.

Gooi pasta in ‘n oondvaste bak en bedek met witsous. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak in voorverhitte oond teen 200 C tot kaas bruin en bros is.

Bedien met lekker groenslaai of vars ciabatta brood.

 
 
 

Comments


©2020 by Die Smulpaap Resepte.

bottom of page