Oros Koek
- Danè Swart
- May 10, 2020
- 1 min read
Daar is niks so vrolik soos die Oros – mannetjie nie. En niks gaan saam soos Oros en ‘n kinder partytjie nie.
Maak ‘n 20cm deursnee koek of n klein plaatkoek
Bestandele vir die koek:
2 1/2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1/2 koppie suiker
3 groot eiers
200ml Oros stroop (nie aan gemaak nie)
Vir die versiersuiker:
200g versiersuiker
100g botter
2 teelepels Oros stroop (nie aan gemaak nie)
1 druppel geel/oranje kleursel
Voorverhit oond tot 190C.
Smeer ‘n koek pan van 20cm deursnee.
Verroom botter en suiker tot lig en do sig. Sif meel en bakpoeier saam. Klits eiers en voeg Oros by eiers. Meng goed. Vou die nat bestandele in by die droee bestandele.
Deeg is taai en nie loperig nie. Gooi in gesmeerde koek pan en bak vir 25-30 minute teen 190C.
Laat koek afkoel in koek pan vir 10min voor jy dit uit dop op koelrak.
Versier nou met Oros versiersuiker. (Meng alle versiersuiker bestandele saam tot ‘n gladde tekstuur bereik is)

Comments