top of page

Liefdes Sjokolade Koek

  • Writer: Danè Swart
    Danè Swart
  • May 23, 2020
  • 1 min read

Hierdie sjokolade koek is defnitief die pad na enige iemand se hart.


Bestandele :

4 Eiers

1 1/4 koppies suiker

2 eetlepels fyn appelkoos konfyt

1/2 teelepel sout

1 koppie kookwater

1/2 koppie olie

1/2 koppie kakao

2 koppies koekmeel

3 teelepels bakpoeier


Klits eiers, suiker, konfyt en sout saam tot romerig.

Meng kakao met kookwater en olie.

Sif meel en bakpoeier saam by eiermengsel.

Voeg kakao mengsel by meel en eiermengsel.

Klits tot glad.

Giet in gesmeerde 25cm koekpan en bak vir 45 min in 'n voorverhitte oond teen 180C.


Versier met botterversiersel.



 
 
 

Comments


©2020 by Die Smulpaap Resepte.

bottom of page