Grenadilla Kaaskoek
- Danè Swart
- Jun 11, 2020
- 1 min read
Wie kan nee sê vir 'n romerige, smelt-in-die-mond kaaskoek? Hierdie resep is eenvoudig en altyd 'n treffer by enige partytjie.
Die geheim van die koek is om te wag totdat hy heeltemal koud is voor jy die grenadilla stroop oorgooi. Die stroop moet egter ook koud wees, vir beste resultate.
Hierdie koek kan ook bedien word sonder enige stroop, of jy kan kreatief wees en dit maklik verander in 'n aarbei of suurlemoen kaaskoek.
Bestandele:
Vir die kors;
1 Pakkie Klapper beskuitjies (Tennis koekies)
100 gram Gesmelte botter/margarien
Vir die Grenadilla sous:
1 Koppie Grenadilla Pureé
1 Pakkie Lemoen Jelly
1 Koppie Kookwater
Vir die koek:
250g Gladde volroom Maaskaas (Cottage Cheese)
1 Blikkie Kondensmelk
1/3 Koppie vars suurlemoensap
1 koppie room
Voorverhit oond tot 180C.
Spuit 'n 22cm losring koekpan goed met bak spuit. (Spray & Cook)
Klop room styf tot punte vorm.
Klits nou maaskaas, kondensmelk en suurlemoensap saam tot 'n gladde mengsel vorm. Vou styfgeklopte room by kondensmelk mengsel in tot goed gemeng.
Skep koekvulsel bo-op beskuitjie-kors in koekpan en bak in 'n voorverhitte oond teen 180C vir 10 minute.
Haal koek uit en laat afkoel tot kamer tempratuur.
Vir die sous:
Meng die jelly-poeier met 1 koppie kookwater. Laat afkoel tot kamer tempratuur en meng met grenadilla pureê/pulp.
Wanneer sous afgekoel is, en koek ook heeltemal afgekoel het, giet nou sous oor koek en plaas in yskas vior ten minste 4ure of oornag.
Haal versigtig uit losring koekpan, plaas op 'n mooi bord en geniet!

Comments