Almal se Peppermint Crisp Tert
- Danè Swart
- Apr 9, 2020
- 1 min read
Updated: May 11, 2020
Ek sou graag wou sê dat hierdie resep net myne is, maar almal wat dit proe vra die resep. So, ek sal moet bieg, hierdie is almal se peppermint crisp tert.
Bedien 8 Mense
Bestandele:
1 Blikkie Karamel
250 ml Orley Whip
1 Groot Peppermint Crisp Sjokolade, of 3 Kleintjies
Tennis Beskuitjies
Krummel tenniskoekies en druk vas onder in tert bak.
Klop Orley Whip styf en voeg dan karamel by en klop weer tot goed gemeng.
Krummel 2/3 van die sjokolade in die karamel mengsel en roer deur.
Skep vulsel bo-op tennis beskuitjies en krummel nou die res van die sjokolade bo-oor.
Plaas in yskas vir 3-4 ure tot gestol.

Comments