top of page

Afrikaanse Appelkoek

  • Writer: Danè Swart
    Danè Swart
  • May 31, 2020
  • 1 min read

As 'n mens soek vir 'n appelkoek resep op die internet, kry jy so baie variante en soorte dat jy maklik oorweldig voel en nie weet watter een om te maak nie. Hierdie appelkoek resep is baie maklik, heerlik en eg Suid-Afrikaans. Dis nou appelkoek soos al die Afrikaanse tannies dit maak.


  • 150g Gesmelte Botter/Margarien

  • 2 Koppies gestowe appels of 1 Blikke Pastei Appels

  • 1 Koppie Wit Suiker

  • 2 Eiers

  • 2 Koppies Koekmeel

  • 3 Teelepels Bakpoeier

  • 2 Teelepel Kaneel

  • 1 Teelepel Vanieulje Geursel

Voorverhit oond tot 140C. Smeer 'n mediums grootte oondvaste bak liggies.

Meng nou al die bestandele saam in een bak en giet in gesmeerde oondvaste bak.

Bak vir 45-50 minute, of tot goudbruin.


Bedien hierdie koek warm as 'n nagereg met styfgeklopte room.

Koek bly vars vir 3 dae in 'n lugdigte houer in die yskas en kan maklik opgewarm word in die mikrogolfoond.



 
 
 

Comentários


©2020 by Die Smulpaap Resepte.

bottom of page