top of page

Oupa Mof se Rysslaai

  • Writer: Danè Swart
    Danè Swart
  • Apr 3, 2020
  • 1 min read

In ons huis is ‘n braai nie ‘n braai sonder Oupa Mof se rysslaai nie, maar om die waarheid te praat is hierdie gereg so vullend, dat dit as ‘n ligte middagete voorgesit kan word.

Bedien 8-12 mense

Bestandele:

  1. 3 Koppies gaar wit rys

  2. 1 Groenrissie, gekap

  3. 250 g Spek in blokkies gesny

  4. 1 Groot Ui, gekap

  5. Robertsons Steak & Chop Spice

  6. 3 Eetlepels Olyf of Sonneblom olie vir braai

Verhit olie in ‘n pan en voeg gekapte ui, groenrissie en spek by. Braai tot sag en voeg een eetlepel speserye by. Voeg nou rys by die spek mengsel en braai vir so 5-7 minute tot al die bestandele goed gemeng is. Roer aanhoudend.

Bedien warm.

Recent Posts

See All
Miela se mielietert

Daar is min dinge so lekker en heilsaam soos ‘n mielietert. Hierdie gereg is eenvoudig, vinnig en ideaal vir by die braai of selfs saam...

 
 
 

Comments


©2020 by Die Smulpaap Resepte.

bottom of page