Nettie se Aartappel Koekies
- Danè Swart
- Apr 2, 2020
- 1 min read
Maak 10-12 koekies
Hierdie resep is ‘n treffer! Maklik en goedkoop en heerlik vir ontbyt!
Bestandele:
2 Medium Grootte Aartappels
1 Groot Ui
2 Medium Eiers
2 eetlepels bruismeel
Sout & Peper
Sonneblom of Olyf Olie
Skil en rasper aartappels. Plaas in ‘n mengbak en laat rus.
Skil ui en sny in fyn blokkies, voeg by aartappels.
Dreineer alle oortollige vloeistof uit aartappel en ui mengsel, deur ‘n kaasdoek te gebruik om die vloeistif uit te druk. As jy nie ‘n kaasdoek het nie, druk dit sommer uit met jou hande.
Breek eiers oop in aartappel en ui mengsel en sif meel in. Voeg sout en peper by, na smaak en meng goed met ‘n houtlepel
Verhit pan op stoof en voeg ‘n klein bietjie olie daarin. Sonneblom of olyfolie sal die werk doen. Moenie te veel olie in pan sit nie, anders gaan koekies baie vetterig wees.
Vlak braai lepels vol van aartappel mengsel vir 7 minute aan eenkant tot ‘n bruin rand vorm. Draai nou om en braai vir ‘n verder 4-5 minute tot deurgaar en brosbruin.
Wees versigtig om nie te veel lepels vol op eenslag in die pan te skep nie.
Skep uit op handoekrol om olie te dreineer en bedien dadelik.

Comments