top of page

Oom Boetie se Kerrie Hoender

  • Writer: Danè Swart
    Danè Swart
  • Apr 2, 2020
  • 1 min read

Genoeg vir 6 – 8 mense

Hierdie is ‘n familie resep. Vreeslik lekker en glad nie te branderig nie. Kerrie soos Afrikaanse mense daarvan hou.

Bestandele:

  1. 3 hoenderboudjies op die been

  2. 3 hoenderduitjies op die been

  3. 1 groot ui

  4. 1 Medium grootte groenrissie

  5. 5 medium grootte aartappels, geskil en in kwarte gesny

  6. 3 wortels in ringe gesny

  7. Eetlepel sonneblom of olyfolie

  8. Braaivleis speserye

  9. Sout en peper

Vir die Kerrie Mengsel:

  1. 1 eetlepel Medium Sterkte Kerrie

  2. 1 eetlepel borrie

  3. 7 teelepels suiker

  4. 2 eetlepels wit asyn

  5. 2 eetlepels olyf of sonneblom olie

  6. 1 Lourierblaar

  7. ‘n Halwe koppie water

Braai ui en groenrissie tot sag in eetlepel olie. Voeg nou hoender in pot en gooi braaivleis spesery, sout en peper na smaak by. Braai tot hoender geseel en bruin is.

Voeg nou aartappels en wortels by en een koppie water. Kook tot sag. (So, ongeveer 45 Minute)

Intussen, meng al die kerriemengsel bestandele saam in ‘n koppie.

Gooi die kerriemengsel by wanneer hoender en aartappels reeds gaar gekook is en laat prut vir so 5-10 minute.

Bedien met wit rys en ‘n bietjie perske blatjang op die kant.

Comentarios


©2020 by Die Smulpaap Resepte.

bottom of page