Annelize se Namibs-Hoender
- Danè Swart
- Apr 9, 2020
- 1 min read
Updated: May 11, 2020
In die jaar 2000 trou my groot sus met die liefde van haar lewe. Hulle gaan hou wittebrood in die mooie Namibië. Sy word so geïnspireer deur die plaaslike mense daar, dat sy terugkeer met hierdie wen-resep, al die pad uit Windhoek!
Bedien 6-8 mense
Bestandele:
8 Stukke hoender van keuse
1 Pakkie bruin Uie Sop Poeier
1 Koppie vrugte blatjang
1 Koppie Mayonaisse
1 Groot ui
Meng die sop poeier, blatjang en mayonaisse saam. Pak hoender in ‘n oondvaste bak en gooi sous bo-oor. Sny ui in ringe en pak bo op. Bedek bak met foelie of oondvaste deksel. Bak teen 180 grade celcius vir 1 uur en 30 minute.
Bedien met rys en groente.

Comments