Klassieke Frikadelle
- Danè Swart
- Apr 9, 2020
- 1 min read
Updated: May 11, 2020
Hierdie is ‘n klassieke frikkadel resep,soos ouma dit nog gemaak het. Basiese bestandele wat jy reeds in jou koskas het.’n Wenner vir ‘n vinnige weeksdag aandete, bedien met groente, braai aartappels en rys. Of ‘n lekker opsie vir ‘n “potluck” partytjie.
Maak 8-12 frikadelle.
Bestandele:
400g Bees Maalvleis
1 Groot ui( In blokkies gekap)
2 Medium eiers
1 Klein Groenrissie(In blokkies gekap) (Opsioneel)
2 Snye brood
2 Eetlepels wit asyn
1 Eetlepel gedroogde pietersielie (1 Teelepel indien vars)
Sout, peper en vleis spesery na smaak
Week brood in ‘n bietjie water en verkrummel.
Voeg alle bestandele saam in ‘n mengbak. Meng goed deur jou hande te gebruik
Rol maalvleis mengsel in balletjies. Pak in oondvaste bak en sprinkel olyf of sonneblom olie liggies bo-oor.
Bak in voorverhitte oond, teen 180grade Celcius vir 30 Minute of tot deurgaar.

Comments